Ondersteun dié kleingoed op Kinderdag
Die sorgsentrum wil graag die gemeenskap en sakesektor bedank vir hul jare lange ondersteuning

VANDERBIJLPARK. – Die Lochvaal Emfuleni Welsyn, Gesinsorg, Deurgangshuis, Ontwikkeling & Opleidingsentrum lewer reeds jare lank ‘n uitgebreide diens aan minderbevoorregtes in die Vaaldriehoek.
Die instansies versoek die publiek en sakesektor nou vir spesiale ondersteuning en betrokkenheid by ‘n kinderprojek wat 4 November plaasvind.
Mnr. Hannes du Plessis, skakelbeampte van dié Welsynsorgsentrum sê daar word beplan om op dié dag ‘n spesiale, heerlike dag vir kinders by die sentrum te reël, wat die plaaslike gemeenskap ook ‘n geleentheid sal bied om by hul opvoedkundige ontwikkeling betrokke te wees. “Enige bydraes van voedsel, klerasie, speelgoed, skoolskryfbehoeftes, skooltasse, ander skoolbenodigdhede, tesame met die borg van ‘n springkasteel kan bydra om dié kinderdag vir die kinders ‘n reuse-sukses te maak,” sê mnr. Du Plessis. Hy lê klem daarop dat die sorgsentrum staatmaak op volhoubare ondersteuning wat dringend benodig word om die hongeres te voed, armes te klee, gebroke vroue en kinders te motiveer, weer hoop vir die lewe te gee en hul menswaardigheid te herstel.
Finansiële ondersteuning vir die organisasie is belastingaftrekbaar met vergunning van ‘n Art.18A belastingfaktuur wat op aanvraag verkrygbaar is. Geldelike bydraes kan inbetaal word by: Kinderfonds, ABSA Bank Vanderbijlpark, Rek: 405 677 3506, Tak: 632 005, Verwysing: u kontaknommer.
Die sorgsentrum wil graag die gemeenskap en sakesektor bedank vir hul jare lange ondersteuning.
* Skakel Hannes du Plessis gedurende kantoorure by: (016) 987 1948 of 083 496 9052 of e-pos na lochvaallew@yahoo.com vir meer besonderhede.



