News

R59 gesluit; #SwartMaandag

Inwoners van die Vaaldriehoek het hulself vanoggend vroeg uit die vere gemaak vir #SwartMaandag om op te staan teen plaasmoorde.

Die konvooi wat in Midvaal van High Performance Feeds af vertrek het, was sowat 10km lank.

Honderde voertuie en mense geklee in swart of kakieklere blokkeer tans die R59 by die Redan-afrit.

Mnr. Deon van Rooyen, woordvoerder van die beswaarmakers, sê hulle wag vir die burgemeester om ‘n beswaarskrif te kom ontvang, dan sal hulle die pad oopmaak.

Daar is tans net een alternatiewe roete na Vereeniging oop.

Meer inligting en foto’s volg binnekort.

Stuur gerus jou foto’s na carla.duplessis@media24.com of WhatsApp na 084 230 6713.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button