LetterLocal newsNewsNewsOpinions

Moeder van wyle Wimpie Koekemoer sê dankie

Gewilde karaoke-sanger sterf twee dae na aanranding

Mev. Valerie Lottering, moeder van die gewilde karaoke-sanger Wimpie Koekemoer wat op 30 Oktober gesterf het, skryf:
Hiermee wil ek vir almal baie dankie sê vir die bystand en ondersteuning tydens die afsterwe van Wimpie.
Wimpie is Vrydagaand, 27/28 Oktober aangerand by Oki Doki Pub & Grill in Vanderbijlpark. Hy is Maandagmiddag, 30 Oktober, breindood verklaar en het Maandagaand omstreeks 11 uur aan sy beserings gesterf. Daar is binne twee dae ‘n fondsinsameling by Route 66 gereël. Aan almal wat betrokke was by die reëlings, ‘n baie groot dankie. Daar is genoeg ingesamel vir alle onkostes vir die roudiens op 8 November.
Ek gaan niemand uitsonder nie, almal was lief vir Wimpie en hy was baie gewild. Al sy vriende en ons familie gaan hom baie mis. Baie dankie aan almal wat ook ‘n bydrae gemaak het met borde eetgoed. Die ondersteuning was ongelooflik. Ek ken nie almal van julle nie, maar my dankie kom diep uit my hart en ek sal dit nooit vergeet nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button