Local newsNewsNews

Graad 11 leerling gearresteer vir moord

'n Graad 11-leerling van 'n Sasolburgse hoërskool is vanoggend, 13 November, deur die polisie gearresteer na hy 'n gewilde plaaslike karaoki-sanger, Wimpie Koekemoer (30) aangerand het. Koekemoer is twee dae na die aanranding dood.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Graad 11-leerling van  ‘n Sasolburgse hoërskool is vanoggend, 13 November, deur die polisie gearresteer na hy ‘n gewilde plaaslike karaoki-sanger, Wimpie Koekemoer (30) aangerand het. Koekemoer is twee dae na die aanranding dood.

Die twee mans, wat familie is, het op 28 Oktober in ‘n geveg betrokke geraak in die Okie Dokie restaurant. Volgens inligting het die beskuldigde vir Koekemoer met die vuis geslaan waarna Koekemoer dadelik grond toe geval het. Daarna is Koekemoer volgens inligting verskeie kere geslaan. Die vermoede is ook dat Koekemoer sy kop gestamp het toe hy geval het. Koekemoer is deur sy vriendin en ma van hul 20 maande oue seuntjie, Ria Calitz, na die hospitaal geneem. Hy is daar behandel en is later die Sondag weer na die hospitaal geneem. Maandag 30 Oktober is hy egter breindood verklaar en is Maandagaand 23:10 oorlede.

Die jong verdagte is op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak kom weer op 8 Desember, in die Vanderbijlpark streekhof, op aanklag van aanranding en moord voor.

LEES VAALWEEKBLAD VAN WOENSDAG 15 NOVEMBER VIR MEER BESONDERHEDE!!!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button