NewsNews

Een dood in Drie Riviere taxi-ongeluk

VEREENIGING. - "Ek sal nooit die toneel uit my kop kry nie, dit voel asof my hele lyf bewe." Dit is die woorde van een van die motoriste wat vanoggend verby die taxi-ongeluk in Generaal Hertzogweg, by Euro Spar, gery het.

Volgens inligting het die bestuurder van die taxi vanoggend net na 06:00 beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n boom gebots.

Die bestuurder was onderweg na Drie Riviere vanaf Vereeniging.

Daar was ses passasiers in die voertuig, waarvan die persoon wat voor gesit het, op die toneel dood verklaar is. Die vrou was egter in die wrak vasgekeer en brandweerpersoneel moes met gespesialiseerde toerusting uit die wrak bevry, maar dit was tevergeefs.

Die ander vyf passasiers en die bestuurder is per ambulans hospitaal toe geneem.

Kaptein Fikile Funda, woordvoerder vir Vereeniging SAPD, sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button