News

Maand-oue baba sterf in ongeluk

SASOLBURG. – ‘n Lewe wat skaars begin het, het Vrydagaand in ‘n gru-botsing tot ‘n einde gekom op die R57-hoofweg langs die Amelia nedersetting.

‘n Trok wat skape en bokke vervoer het, het blykbaar (dit is nie bevestig nie), vir ‘n motor uitgeswaai en toe teen drie aankomende voertuie gebots. Die eerste voertuig het erg skade opgedoen, maar kon uitswaai. Die derde voertuig, ‘n groen VW Golf, het die ergste in die slag gebly. Die bestuurder van die Golf is op slag dood. Vaal Emergency Care was blitsig op die toneel en het ‘n maand-oue baba wat in die Golf was, te hulp gesnel. Dit was egter te laat en die baba het op die toneel aan sy beserings beswyk. Volgens Elsabé Venter van Vaal Emergency Care het hul die ma van die baba, wat agter die bestuurder in die Golf gesit het, behandel voordat hulle haar aan die provinsiale paramediese personeel oorgegee het om hospitaal toe te neem, terwyl hul die baba probeer red het. Die ma het onder meer ernstige hoofbeserings, gebreekte arms en ‘n gebreekte been. ER 24 het twee voetgangers wat ook tydens die ongeluk beseer is behandel en na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button