LetterOpinions

Siek vir dié verbrande reuk!

Moedelose Meyertonner skryf:

Moedelose Meyertonner skryf:

Kan Vaalweekblad nie dalk uitvind wat aangaan met die reuk wat so oor Meyerton hang in die nag tussen 02:00 en 09:00 in die oggend nie?

Dit ruik of bene of mediese afval gebrand word. Die reuk is so sterk dat ons dit deur toe deure en vensters ruik en eintlik wakker word daarvan. Dit gee my kopseer en my buurvrou se bors trek toe daarvan. ‘n Ander vrou in Meyerton kry ook kopseer daarvan en dit laat haar hoes. Wat gaan aan? Kan julle dalk artikels daaroor in die koerante plaas?

Vaalweekblad wil graag uitvind wat die oorsaak is, maar ons het meer inligting van Meyerton se lesers nodig om te kan bepaal uit watter rigting dit kom en waar ons na die oorsprong moet begin soek. Ander lesers wat ook las het van die onaangename reuk, kan ’n SMS stuur na 45534 (begin met REUK) of stuur ’n e-pos na vaal@naspers.com. Meld asseblief u woongebied. Red.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button