NewsNews

Gaan inwoners van Emfuleni die naweek water hê

Groot kommer het geheers toe die Departement van Water en Sanitasie bekend gemaak het dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit een van die munisplaiteite is wat se water vandag, 8 Desember, afgesny sal word indien hulle nie hul afterstallige skuld betaal nie.

Rand Water het reeds die watertoevoer met 60% vermider, wat sekere dele in die Emfuleni-gebied sonder water gelaat het.

Inwoners was boos om te hoor dat die moontlikheid bestaan dat daar min tot geen water tydens die feestyd gaan wees as die munisipaliteit nie vinnig opdok nie.

Die goeie nuus is egter dat die nuwe burgemeester van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Jacob Khawe, nie agteroor gesit het en Gods water oor Gods akker laat loop het nie. Na verskeie vergaderings, onderhandelings en ten einde ‘n ooreenkoms wat beide partye pas sal die water nie afgensy word nie.

Lees die volledige berig in Vaalweekblad

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button