News
Negejarige kritiek na voertuig hom tref
'n Negejarige seun is in 'n kritieke toestand na hy gistermiddag deur 'n voertuig getref is.

Die voorval het in Kruinlaan, Klopperpark, in Germiston plaasgevind.
ER24 is omstreeks 13:00 na die toneel ontbied. Hulle het die seun lamgs die kant van die pad aangetref. Hy het moontlik kopbeserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hy hospitaal toe geneem is.
Volgens omstanders was die seun op pad na die munisipale swembad toe die ongeluk gebeur het.
Die voorval word ondersoek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



