NewsNews

1 dood, 9 beseer in gru-botsing

Eeen persoon is dood en nege ander beseer in 'n gru-botsing vanoggend op die M7 in Durban.

Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor en bo-op twee ander motors geval en teen drie ander voertuie gebots.

Luidens berigte lyk dit asof die vrag in die vragmotor verskuif het toe die bestuurder om ‘n draai gegaan het, en daarna beheer oor die voertuig verloor het.

Die vragmotor het eers teen drie voertuie gebots en daarna bo-op die ander twee ander geval.

In een van die voertuie was vier insittendes vasgekeer in die wrak. Die bestuurder is noodlottig beseer tydens die ongeluk. Twee van die insittendes is later bevry en hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button