News

Baba se lykie naby slagpale in Parys gevind

Die liggaam van 'n nege maande oue babadogtertjie is naby die slagpale in Parys gevind na sy verlede naweek van haar doofstom ma gesteel is.

Baba Kutlwano Maloitsane se liggaam is Dinsdag omstreeks 18:30  deur ‘n verbyganger in die veld gevind.

Haar liggaampie was reeds besig om te ontbind.

Volgens die polisie is dit moeilik om te bepaal waarvan sy dood is weens die toestand waarin die liggaam gevind is.

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Kutlwano is verlede Saterdag omstreeks 23:15 in die Tokoloho-gedeelte van die Tumahole-nedersetting naby Parys gesteel.

Kutlwano se ma het met haar op haar rug na haar ouers gestap toe sy deur ‘n onbekende man genader is. Die man het haar gegryp en probeer verkrag, maar sy kon daarin slaag om weg te ruk. Kutlwano het geval en die man het haar opgetel en weggehardloop.

Die polisie onderoek die voorval.

 

Baba Kutlwano.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button