Nuushoogtepunte in Januarie 2017
'n Terugblik op die jaar se nuus in die Vaal

* Die lekker nuus in Vaalweekblad van 25 Januarie 2017 was dat van die rowers wat betrokke was by ‘n rooftog in Vaal Mall, geskiet en 4 vasgetrek is. R630 000 se gesteelde juweliersware is ook teruggevind.
* Vaalweekblad vertel van Emfuleni se plan om water te spaar en inwoners se krane tussen 20:00 saans en 06:00 soggens toe te draai. Min het toe daarvan gekom, maar later die jaar is Emfuleni se waterdruk by tye so erg beheer dat baie gebiede dae lank sonder water was.
* ‘n Man van Deneysville sterf nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n huisbrand.
Sport:
Laerskool-atletiek oorheers daardie week Vaalweekblad se sportblaaie. Rekords het gespat by Laerskool Kollegepark se vriendskaplike byeenkoms; Laerskool Risivile maak skoonskip by die Super8, en by die DP de Villiersstadion in Sasolburg was daar ook hope aksie tydens Laerskool Fonteine se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms.



