News

Baba dood in ongeluk

10 Mense is beseer en twee dood na 'n ongeluk tussen drie voertuie op die N6, sowat 25km buite Reddersburg in die Vrystaat.

Paramedici van ER24 het net na 05:00 vanoggend by die toneel aangekom waar hulle die wrakke van die voertuie in die pad gevind het.

Die bestuurder van een voertuig en ‘n baba het noodlottige beserings in die voorval opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar.

10 Ander mense het beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale vir verdere mediese sorg geneem is.

Die pad was vir ‘n geruime tyd gesluit.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button