CommunityLifestyleLocal newsNews

Nuushoogtepunte in Januarie 2017

'n Terugblik op die jaar se nuus in die Vaal

 

* Die lekker nuus in Vaalweekblad van 25 Januarie 2017 was  dat van die rowers wat betrokke was by ‘n rooftog in Vaal Mall, geskiet en 4 vasgetrek is. R630 000 se gesteelde juweliersware is ook teruggevind.

* Vaalweekblad vertel van Emfuleni se plan om water te spaar en inwoners se krane tussen 20:00 saans en 06:00 soggens toe te draai. Min het toe daarvan gekom, maar later die jaar is Emfuleni se waterdruk by tye so erg beheer dat baie gebiede dae lank sonder water was.

* ‘n Man van Deneysville sterf nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n huisbrand.

 

 

Sport:

Laerskool-atletiek oorheers daardie week Vaalweekblad se sportblaaie. Rekords het gespat by Laerskool Kollegepark se vriendskaplike byeenkoms; Laerskool Risivile maak skoonskip by die Super8, en by die DP de Villiersstadion in Sasolburg was daar ook hope aksie tydens Laerskool Fonteine se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button