News

VDBP-man kan sy voet verloor

VANDERBJLPARK. - Wat veronderstel was om 'n gewone visvang-uistappie te wees, het in 'n nagmerrie ontaard toe Hennie le Roux (30) in die hospitaal beland het na hy 'n erge infeksie in sy voet gekry het.

Hennie is reeds ‘n week in die hospitaal.

Hy vertel hy het ‘n voetvrat gehad wat bietjie probleme gegee het, maar hy het antibiotika gedink en die infeksie het begin opklaar. Tot sy spyt het hy in die water gestap toe hy op ‘n visvang-uitstappie by Koppies-dam was en twee dae later was hy terug by die dokter.

Hy het weer antibiotika gedrink, maar ongelukkig het dit nie gewerk nie. In die stadium besluit dokters of hulle sy voet moet amputeer of red. Hy was al ‘n paar keer teater toe waar hulle sy voet skoongemaak en die dele wat erg besmet is uitgesny het.

“Die pyn is ondraaglik. Dit is regtig verskriklik seer,” sê hy.

Hennie is die enigste broodwinner in die huis en in die stadium het hy geen inkomste omdat hy nie kan werk nie. Hy het sy eie besigheid wat in die sekuriteits-bedryf spesialiseer.

Indien enige persoon Hennie kan help sodat hy aan sy vrou en dogter van die basiese behoeftes kan voorsien tot hy weer gesond is, kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:

H. le Roux

FNB Bank

Rek nr: 62572993882

Takkode: 251337

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button