Die week in die nuus
Vandag se Vaalweekblad is op straat en hier is 'n opsomming van die week se belangrikste nuus. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

* Die Suid-Afrikaanse skolegemeenskap hou die situasie by Hoërskool Overvaal met ‘n arendsoog dop. Ons kan ons maar regmaak daarvoor dat die saak verder gevoer gaan word in die Konstitusionele hof, wat waarskynlik ‘n toetssaak oor moedertaalregte en verantwoordelikhede van beheerrade gaan wees. ‘n Fotobeeld verskyn in vandag se Vaalweekblad.
* ‘n Man wat wyd op Facebook veroordeel is omdat hy sy meisie glo uit ‘n bewegende motor gestamp het, pleeg selfmoord.
* A student accommodation business in SE7, Vanderbijlpark, gets a R40 000 fine for stealing electricity.
* Six percent increase for Emfuleni’s councillors and officials. See how much Emfuleni’s Mayor and councillors earn per month.
* Rekeningfoute in Metsimaholo: Jare gelede se foutiewe lesings word glo nou opgediep en slegte nuus wag op baie inwoners, sê ‘n briefskrywer met eerstehandse kennis.
* Neem deel aan Vaalweekblad se weeklikse blokraaisel – dalk wen jy R1000 of ander pretpryse!
Sportnuus:
* Boks: SA-titel wink vir Valie!
* Saterdagliga: Meyerton Krieketklub buig die knie voor Sebokeng se span.
* Rekords spat by Laerskool Risiville se huissportbyeenkoms.
Dié berigte en veel meer in hierdie week se uitgawe.



