Sowat 1 000 lede van onder meer Cosatu, die ANC en die onderwysvakbond Sadtu is sterk oppad na Hoërskool Overvaal om ‘n memorandum te oorhandig.
Dit volg na ontevredenheid ontstaan het omdat die hof beslis het die skool hoef nie 55 bykomende Engelssprekende leerlinge te aanvaar nie.
Op die plakkate staan onder meer:
“Ons het nie tyde (tyd) vir die k#k Afrikaans nie” en “Kill Racists”. Op van die ander plakkate staan daar “Stop Racism” en ook “This is a rainbow nation stop racism. ‘n Ander een lees: “mo*r Afrikaans policy mo*r.
Die groep is egter nog ‘n ent weg van die skool.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



