Local newsNewsNews

Tref en trap voertuig op CCTV kamera vasgevang

Tref en trap voertuig op CCTV kamera vasgevang

VANDERBIJLPARK. – Na die ongeluk gistermiddag, Vrydag 16 Maart, waarin die 13 jarige Bernadine Luther (13) ernstig beseer is, het ooggetuies op die toneel die voertuig beskryf as ‘n wit Mercedes Benz Vito.

CCTV materiaal wat deur ‘n inwoner van Langehovenstraat aan die polisie en media verskaf het, toon egter dat dit ‘n moontlik ‘n Hyundai H1 is wat byna dieselfde as die Mercedes Benz Vito lyk.

Op die CCTV materiaal kan mens duidelik sien dat dit ‘n Hyundai H1 is met donker vensters en daar is moontlik geskryf op die ruit van die voertuig en waarskynlik op die sykante ook. Dit kan moontlik ‘n kommersiële voertuig wees of moontlik ‘n lykswa wat ook die tipe voertuie gebruik.

Die beskrywing van die bestuurder is dat dit ‘n blanke man is.

Bernadine is steeds in die Intensiewe Sorgeenheid van die Baragwanath Hospitaal waar sy reeds wakker geword het uit die geïnduseerde koma. Sy het harsingskudding opgedoen met skade aan die nek en baie kneusplekke oor haar liggaam. Dillen Brits (17), wat deur Gerhard Geyer (16) voor die voertuig uitgeruk het, het niks oorgekom nie, Gerhard is tans in die Sebokeng Hospitaal waar daar Maandag of Dinsdag aan sy gebreekte enkel geopereer gaan word.

ENIGE IEMAND WAT MOONTLIK DIE VOERTUIG KAN IDENTIFISEER OF GESIEN HET, WORD GEVRA OM DIE SAP OP VANDERBIJLPARK TE KONTAK. DIE VOERTUIG BEHOORT AANSIENLIKE SKADE AAN DIE LINKER VOORKANT VAN DIE VOERTUIG TE Hê.

SHARE ASSEBLIEF SODAT DIE SKULDIGE VASGETREK KAN WORD.

Klik op die skakel vir vorige berig, fotos en video van die toneel laat gistermiddag Vrydag 16 Maart.

https://vaalweekblad.com/29923/13-jarige-meisie-kritiek-na-tref-en-trap-video-en-fotos-jannie-du-plessis/

Die voertuig betrokke in die tref en trap is soortgelyk aan die Hyundai H1.

Die voertuig betrokke in die tref en trap is soortgelyk aan die

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button