LetterLifestyleLocal newsNewsOpinions

Hoe gaan ons ons dorp aan die gang hou?

Mavis Jacobs en ander inwoners van Vaaloewer is nou behoorlik omgekrap oor die gebrek aan dienslewering waarmee ulle moet saamleef.

Mavis Jacobs skryf:

Vaaloewer is al drie dae sonder water as gevolg van die munisipaliteit wat nie genoegsame chemikalië voorsien nie. Dit vat dae voor chemikalië afgelewer word. As gevra word vir ‘n watertrok het hulle nie diesel nie! Vullisverwydering word nie gereeld gedoen nie. Hier is ‘n klaargeboude vullisterrein wat nie gebruik word nie. Hulle sit die krag sommer net af al is jou rekening betaal. Vaaloewer word uiters swak deur Emfuleni gediens. Hier bly afgetredenes, ryk mense, jy noem dit. Hierdie dorpie gaan binnekort in ‘n spookdorp verander. Daar was vandag ‘n troue by een van die venues maar die mense kon nie regmaak daarvoor nie. Wat moet ons doen? Hoe gaan ons die dorpie aan die gang hou?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button