LetterLifestyleNewsOpinions

Ebrahim sê dankie vir eerlikheid

'Ek het groot bewondering vir hierdie vrou,' sê hy

 
Ebrahim van Meyerton skryf:

Daar is nog goeie mense – veral in Meyerton! Gedurende Januarie net voor die skole heropen het, het ‘n dame skoolklere by die Family Boutique in Meyerton aangekoop.

‘n Mev. Vonbrecht het skoolklere ter waarde van R5 200 gekoop. ‘n Fout het ingesluip en ek het net die bedrag van R530 geswipe.

Na twee ure het sy teruggekom om my in kennis te kom stel van die fout en dit is toe reggestel.

Die ekstra bedrag van R4 670 is toe geswipe.

Ek het groot bewondering vir hierdie vrou en wil haar hartlik bedank vir haar eerlikheid.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button