EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Plaaslike dansers op pad na Kroasië

Na 35 jaar as dansafrigter is dit geen verrassing dat Elrine Kotze van Danceworx Unlimited se dansers prestasies van internasionale gehalte oplewer nie.

 
VAALPARK. – Na 35 jaar as dansafrigter is dit geen verrassing dat Elrine Kotze van Danceworx Unlimited se dansers prestasies van internasionale gehalte oplewer nie.

Die ateljee het al talle Suid-Afrikaanse kampioene asook wêreldmedaljewenners opgelewer, maar die toppunt was toe Christe Kotze die hoogste titel huis toe gebring het as die algehele wêreldkampioen met ‘n klopdansvertoning by die World Championship of Performing Arts (WCOPA) in Hollywood.

Elrine se dansers gaan in Mei vanjaar weer hul slag in die buiteland wys wanneer hulle aan die Dance Masters in Kroasië gaan deelneem, nadat hulle na die kwalifiseringsrondte in Pretoria in Suid-Afrika se nasionale span ingesluit is.

“Hulle het hard gewerk om hierdie hoë standaard te bereik. Om hul drome waar te laat word en die Vaaldriehoek se trots te wees, vra ons alle belangstellendes om ons fondsinsamelingsprojekte te ondersteun,” sê Elrine.

Die dansateljee beplan ‘n prettige Noot-vir-Noot-aand in Vaalpark Articon se saal op 22 April, waar groot pryse te wen sal wees. Alle belangstellendes is welkom om die aand saam te kom geniet.

Die hardwerkende dansers nooi die publiek ook om op 11 Mei om 18:00 na die laaste vertoning van hul dansitems te kom kyk voordat hulle na die buiteland vertrek. Toeskouers is welkom om in ruil vir dié genot ‘n donasie aan die span te maak.

Enigiemand wat die dansers en hul ander fondsinsamelings wil ondersteun, is welkom om Elrine te skakel by 082 332 4387.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button