Beplan jou droomtroue só!
Alle verliefdes en verloofdes, wil julle graag weet hoe om die perfekte troudag te reël? Laat Three Rivers Lodge en Anna’s Kitchen julle help om ‘n droomtroue te beplan!

VEREENIGING. – Alle verliefdes en verloofdes, wil julle graag weet hoe om die perfekte troudag te reël? Laat Three Rivers Lodge en Anna’s Kitchen julle help om ‘n droomtroue te beplan!
Besoek dié boomryke onthaalsentrum in Golfweg 52, Drie Riviere op 5 en 6 Mei tydens hul jaarlikse trou-ekspo om die verskillende onthaalopsies, elk met sy eie voorkoms en atmosfeer, eerstehands te ervaar.
Voornemende bruide of paartjies kan ook die geleentheid benut om die kreatiewe diensverskaffers wat kan help om jou troudag super-spesiaal te maak, te ontmoet en meer oor hul spesiale aanbiedinge hoor.
Onder die deelnemende ondernemings is MUD Studio, ‘n bekende haar- en grimeerskool in Gauteng, wat die modelle onder hande gaan neem tydens ‘n vertoning van die jongste tendense in troutabberds en uitrustings vir die bruidegom. Distell gaan seker maak dat alle voornemende bruide en bruidegomme met heerlike vonkelwyn verwelkom word.
Onder die ander diensverskaffers wat voornemende bruide tydens die ekspo meer oor hul hoëgehalte dienste gaan vertel, is She Wolf Skincare & Make-up, Botle Tents & Décor, Sweetly Cakes, Designs by Marius, Ruby Marmalade, en Sweet Pea Flowers & Décor.
‘n Beperkte aantal uitstalruimtes is nog beskikbaar. Diensverskaffers wat nog graag betrokke wil raak, kan gerus met die organiseerder, Hailene Jordaan by Three Rivers Lodge by (016) 423 6046 of e-pos: weddings@threeriverslodge.co.za gesels.
* Bruidspaartjies wat ‘n troupakket vir enige dag in 2018 bespreek en voor 31 Mei ‘n 10%-deposito betaal, kry 15% afslag op die totale bedrag.
* Terme en voorwaardes geld. Skakel Hailene by bogenoemde nommer vir meer inligting hieroor.





