Local newsNewsNews

Man vasgepen in bakkie (Video en foto’s – Jannie du Plessis)

VANDERBIJLPARK. - Paramediese personeel en brandweer het vinnig te werk gegaan om die bestuurder van 'n bakkie, wat teen 'n boom gebots het, se bene los te sny.

VANDERBIJLPARK. – Paramediese personeel en brandweer het vinnig te werk gegaan om die bestuurder van ‘n bakkie, wat teen ‘n boom gebots het, se bene los te sny.

Die ongeluk het laat gistermiddag 21 April ongeveer 16:30 gebeur toe die bestuurder van ‘n Wit Hyundai bakkie ‘n rooi Datsun bakkie op die sperstreep verbygesteek het. Volgens ooggetuies wou die bakkie indraai na regs toe die Hyundai bakkie verbysteek. Die twee het gebots en albei voertuie het langs mekaar tot by die boom sowat 50m verder tot stilstand gekom.

Die Hyundai bakkie het egter teen die boom gebots en die bestuurder se bene is vasgepen. Paramediese personeel van ER24 het met behulp van hul mobiele hidroliese knipper die deur verwyder en toe die brandweer opdaag het is die spasie tussen die sitplek en die stuurstang oop geforseer met hul hidroliese toerusting.

Die CW6 Buurtwag en lede van die CPF het hand bygesit en die pad is vir ‘n tyd toegemaak terwyl nooddienste die pasient bevry het. Die passasier in die Hyundai het ligte kneusmerke aan sy knieg opgedoen terwyl die bestuurder en die passasier van die Datsun bakkie geen beserings opgedoen het nie.

VIDEO EN FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button