Drie dood in ongeluk en verskeie beseer
VEREENIGING. - Drie mense is dood en verskeie beseer na 'n ongeluk vanoggend 26 April in Houtkopweg naby Sebekong.
VEREENIGING. – Drie mense is dood en verskeie beseer na ‘n ongeluk vanoggend 26 April in Houtkopweg naby Sebekong.
ER24 media verteenwoordiger, Russel Meiring, sê dat paramediese personeel op die toneel gekom het en ongeveer 07:30. Die provinsiale ambulansdiens was reeds op die toneel. ‘n Trok was in die middel van die pad terwyl die Taxi aan die oorkantste pad gestaan het.
Twee mans en ‘n vrou was binne die taxi vasgekeer. Al drie is egter op die toneel dood verklaar. Verskeie ander pasiënte was op die toneel. Drie pasiënte se toestand is kritiek en is deur paramediese personeel behandel waarvan een pasiënt deur ER24 One Plan helikopter na die hospitaal vervoer is. Die twee kander kritieke pasiënte is deur ER24 saam met 5 ander pasiënte na nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Polisie is tans nog op die toneel met forensiese ondersoek.




