Die o.12 hokkiedogters Jana Schutte en Karmen Fouché van Laerskool Baillie Park is gekies vir die Potch-span.
Dié Tokkies was gedurende die eerste kwartaal Laerskool Mooirivier se top akademiese presteerders: V.l.n.r. Sonika Brits (gr. 4), Hannia Kempen (gr. 5), Michelle le Roux (gr. 6), Izelle Schoeman (gr. 7).
Die o.13 hokkieseuns van Laerskool Baillie Park wat gekies is vir die Potch-span is Niel Jansen van Vuuren en Danco Botes.
Die o.12 hokkiedogters Jana Schutte en Karmen Fouché van Laerskool Baillie Park is gekies vir die Potch-span.
Die top 5 akademiese presteerders in graad 8 by Ferdies is Theunet Oberholzer, Angeleah Moss, Dasha Levanets, Phelo Nobexeqaen en Pieter Terre’Blanche
.
Marionique Wentzel is Volkskool se uitblinker. Sy het tydens die SA Skolekampioenskappe in Rustenburg ‘n bronsmedalje in hoogspring verower met ‘n hoogte van 1,70m. Tydens die ASA kampioenskappe in Bloemfontein het sy ‘n silwer medalje verower met ‘n hoogte van 1,69m.
Pieter-Jacq du Toit, graad 2-leerder van ML Fick het Saterdag 25 April in Klerksdorp (Wesvalia) aan die Noordwes skaakkampioenskappe deelgeneem. Hy het as die wenner van die seunsafdeling die Noordwes wisseltrofee vir seuns o.10 gewen.
Ferdies is baie trots op hul 1ste netbalspan wat die Www-toernooi by Wesvalia gewen het. Voor van links is Nontsi Leshomo, Zanett Swanepoel (kapt.) en Jadrika Fourie. Agter van links is Cisca Wiese, Clarissa Hansen, Rensche Combrink, Izelle Jansen van Vuuren, Marilie Kotzé (afrigter), Katlego Sekwele en Jean-Marié Esterhuizen.
Ruandi van Dyk, ‘n netbalspeler van L/S Mooirivier se o.13A-netbalspan, is aangewys as beste netbalspeler tydens die Sun City Uitdaagreeks.
Volkies is baie trots op hulle skuts. Van links is Merichia du Plooy (liga 1 en liga 2 – o.16 – 1ste plek en ook Limpopo-ope – o.16 – algeheel 1ste, goue medaljes), Riaan Claassens (liga 1 – o.14 – 2de plek, silwer medalje) en Anru Erasmus (liga 2, 3de plek, bronsmedalje).