CommunityNewsNews

Risiko vir beurtkrag steeds hoog

Eskom het ‘n waarskuwing uitgereik dat die risiko van beurtkrag gedurende die oggend-spitstyd steeds hoog is as gevolg van protesaksies deur werkers by kragstasies. Die protesaksies het ‘n invloed op die bedryf.

Eskom het egter gevra dat inwoners ligte en geysers moet afskakel om die druk op Suid-Afrika se kragnetwerk te verlig. Volgens Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, is die druk op die netwerk as gevolg van intimidasie en beweerde sabotasie.

Hy sê ook dat Suid-Afrikaners binnekort weer beurtkrag in die gesig staar weens arbeidsoptrede wat lei tot die ontwrigting van werksaamhede by verskeie kragstasies. Vakbondlede is ontevrede oor die betaling van bonusse.

Onderhandelings tussen Eskom en die vakbonde gaan Vrydag voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button