Jan Naudé van Mystify Vaal Bikers laat weet die begrafnisdiens vir wyle Dean Cachia is Saterdag 1 September. Al die bikers gaan om 12:00 by Berthom Begrafnisdienste (Robert Broomstraat 28, Vanderbijlpark) bymekaar kom, waar daar vir oulaas tydens ‘n lykbesigtiging afskeid van Dean geneem gaan word. Om 13:00 sal daar na die kerk (Central Vaal Biker Church) in Joubertstraat 34, Vereeniging, vertrek word. Na afloop van die diens sal daar verversings by Zareba’s wees. Almal welkom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



