Jan Naudé van Mystify Vaal Bikers laat weet die begrafnisdiens vir wyle Dean Cachia is Saterdag 1 September. Al die bikers gaan om 12:00 by Berthom Begrafnisdienste (Robert Broomstraat 28, Vanderbijlpark) bymekaar kom, waar daar vir oulaas tydens ‘n lykbesigtiging afskeid van Dean geneem gaan word. Om 13:00 sal daar na die kerk (Central Vaal Biker Church) in Joubertstraat 34, Vereeniging, vertrek word. Na afloop van die diens sal daar verversings by Zareba’s wees. Almal welkom.



