[Video+fotos] 13 Jarige leerling dood na taxi rol
VANDERBIJLPARK. 'n Leerling van Karel de Wet is vanoggend 3 September dood en 18 ander beseer toe die taxi waarmee hulle op pad skool toe was, gerol het.
VANDERBIJLPARK. ‘n Leerling van Karel de Wet is vanoggend 3 September dood en 18 ander beseer toe die taxi waarmee hulle op pad skool toe was, gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 07:00 plaasgevind in Frikkie Meyer Boulevard sowat 2km anderkant die Wawielbrug. Die taxi was vanaf Sebokeng se rigting na Vanderbijlpark onderweg toe die linker agter band van die taxi vermoedelik gebars het en die bestuurder beheer verloor het. Die taxi het verskeie kere gerol. Die meisie was opslag dood en paramediese personeel kon niks vir haar doen nie. Verskeie leerlinge moontlik van Karel de Wet en Suiderlig was in die taxi.
‘n Sestien-jarige seun en ‘n volwasse man (vermoedelik die bestuurder), is in ‘n kritieke toestand op die toneel behandel. Die volwasse man is deur ER24 se One Plan helikopter en die skoolseun is deur Netcare 911 se helikopter gevlieg. Die ander pasiënte is per ambulans na verskeie hospitale geneem.
Forensiese spanne is tans nog op die toneel besig met hul ondersoek.
FOTO: Jannie du Plessis












