Entertainment

Beeldtrofee-droom leef

VANDERBIJLPARK. – Die noodlot het die naweek die o.14-rugbyspan van die Hoërskool Transvalia bloots gery, maar nie onder gekry nie. Ondanks ’n bus wat op pad Tzaneen toe onklaar geraak het en verskeie ander faktore wat teen hulle opgestapel het, het die span karakter getoon om tot die eindstryd van die gesogte Noordvaal Beeldtrofee deur …

VANDERBIJLPARK. – Die noodlot het die naweek die o.14-rugbyspan van die Hoërskool Transvalia bloots gery, maar nie onder gekry nie.
Ondanks ’n bus wat op pad Tzaneen toe onklaar geraak het en verskeie ander faktore wat teen hulle opgestapel het, het die span karakter getoon om tot die eindstryd van die gesogte Noordvaal Beeldtrofee deur te dring.
Die Vanderbijlparkers het een van hul beste vertonings van die seisoen gelewer deur die Hoërskool Ben Vorster op sy tuisveld met 39-0 ’n rugbyloesing te gee.
Die span kom eerskomende Saterdag teen Helpmekaar in die eindstryd te staan.
“Die span het ’n volwassenheid getoon wat mens se oë laat rek. Hulle speel vir mekaar en hulle skepper. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar die span is spesiaal,” het Gunner Williamson, afrigter van die span gesê. Hy en mede-afrigter Poena van Dyk het vanjaar reuse-werk met die talentvolle span verrig en wil die seisoen op ’n hoë noot afsluit.

Transvali 0/14
Die Hoërskool Transvalia se o.14-rugbyspan speel Saterdag in die eindstryd om die Noordvaal Beeldtrofee. Die span is voor van links: S. Christie, R. Naudé, O. van Wyk en A. Kruger. Eerste ry: F. Putter, D. Meyer (k), G. Williamson (afrigter), P. van Dyk (afrigter), S. Ritter (spanbestuurder) en U. Wiese. Tweede ry: C. Brits, D. Möller, H. Hartzer, M. Swanepoel, F. Wagener, Z. Strydom, Z. Lamont, D. de Villiers en Q. Crause. Derde ry: B. du Plessis, LJ. van Rensburg, D. Grobler, R. Coetzen, T. de Beer, R. Nel, E. van Schadewijk en N. Janse van Rensburg.

Related Articles

 
Back to top button