SportSter-finaliste bekendgemaak
Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die groot gewag is verby. Hier is die name van die finaliste in Vaalweekblad se SportSter van die Jaar-kompetisie: Laerskole seuns: Delano Maritz (LS Risiville), Wihandre Kruger (LS Emfulenipark), Heinrich Cloete (LS Risiville) en Diego da Silva (LR Risiville). Laerskole dogters: Marli Dimond (LS Risiville), Megan Vance (LS Fonteine) en …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Die groot gewag is verby. Hier is die name van die finaliste in Vaalweekblad se SportSter van die Jaar-kompetisie:
Laerskole seuns:
Delano Maritz (LS Risiville), Wihandre Kruger (LS Emfulenipark), Heinrich Cloete (LS Risiville) en Diego da Silva (LR Risiville).
Laerskole dogters:
Marli Dimond (LS Risiville), Megan Vance (LS Fonteine) en Selna van As (LS Suikerbos).
Hoërskole seuns:
Zeilinga Strydom (HS Transvalia), Jason Bowers (Vereeniging Gimnasium) en Zian de Jager (HS Transvalia).
Hoërskole dogters:
Nicole Louw (HS Sasolburg), Rhode Boon (Vereeniging Gimnasium) en Juanita de Necker (Dr. Malan).
Die finaliste word versoek om so gou moontlik ’n hoë resolusie kop- en skouersfoto aan ettienne.vanrensburg@mooivaalmedia.co.za te stuur.
Die kroningsfunksie vind op 22 November by Ingwe Guest Lodge in Vanderbijlpark plaas. Die finaliste se uitnodigings sal per e-pos aan hulle onderskeie skole gestuur word. Die gasspreker vir die aand is die voormalige ‘kopdokter’ van die Springbokrugbyspan en skrywer, dr. Henning Gericke.
Die musiekvermaak word deur die sang-duo, Heuning, behartig en beloof om ‘n spoggeleentheid te wees. Vaalweekblad wil ook die borge, Parktoere, Ingwe Guest Lodge en Slater Health Group bedank vir die kontantpryse en ander wat deur hulle geborg word.
Sonder die plaaslike sakelui se betrokkenheid sal ‘n kompetisie van dié aard nie moontlik wees nie. Die keurpaneel is vanjaar weer deur Dries van Heerden gelei. Hy, Ettienne van Rensburg, sportredakteur van Vaalweekblad en Wouter Pienaar, sportjoernalis van Potchefstroom Herald, ’n susterkoerant van Vaalweekblad, het die beoordeling hanteer. Bill Slater van die Slater Health Group kon weens ‘n ernstige fratsongeluk nie vanjaar met die beoordeling help nie.
* Die keurpaneel se besluit is finaal en geen korrespondensie sal in dié verband aanvaar word nie.



