LifestyleLocal newsNews

Dankie vir wonderlike steun met handsakprojek!

Danksy al die wonderlike mense met hul groot omgeeharte, staan ons op 144 handsakke met inhoud gevul. Dit het ons stoutste verwagtinge oortref - Retha Nothnagel

Retha Nothnagel skryf na aanleiding van die handsakprojek vir minderbevorregte vroue en vroue in nood:
Danksy al die wonderlike mense met hul groot omgeeharte, staan ons op 144 handsakke met inhoud gevul. Dit het ons stoutste verwagtinge oortref. Dankie almal! Hierdie handsakke sal versprei word aan 32 bejaarde dames wat baie swaar kry. Die res sal na LifeLine gaan, waarna dit aan verkragtingslagoffers oorhandig sal word.
Daar is ook ongeveer 100 handsakke wat by die kerk afgegee is! Ek glo dat hierdie projek glimlaggies sal sit op ‘n hele paar slagoffers van geweld. Dankie weer aan almal wat gehelp het. Die projek eindig finaal op 28 November, as daar nog enigiemand is wat ‘n skenking wil maak.
Daar is ook 50 Afrikaanse en 50 Engelse Bybels geskenk deur Cum Boeke – Baie dankie!
Diegene wat teenwoordig wil wees by die oorhandiging van die handsake is welkom. Dit vind soos volg plaas:
Jeugland se 32 SASA dames – Woensdag 28 November om 10:00 by Jeugland.
Die res van die oorhandiging aan LifeLine vir verkragting slagoffers: Woensdag 5 Desember om 09:00 by NG Kerk Driehoek. Julle almal is baie welkom!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button