Die liggaam van ‘n jong man wat vroeër vanmiddag in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het, is intussen uit die rivier gehaal. Volgens Vaalweekblad se susterskoerant, Parys Gazette, was dit lede van Sasolburg se K9 en polisieduikers van Welkom se hartseer taak om die liggaam wal toe te bring.
Nadere besonderhede oor die man se identiteit en die omstandighede rondom sy dood is nog nie bekend nie. Vaalweekblad sal die berig opdateer sodra meer inligting bekend word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!