‘Bustannie’ Hildagard oorlede – Die einde van ‘n era
As jy in Hoërskool Sasolburg was die afgelope 30 jaar of langer en jy het bus gery skool toe, was jy vir seker op een van tannie Hildagard en oom Frans Naudé se busse
Jaco Van Zyl skryf:
Ek wil graag hulde bring aan ‘n goeie vriend, Braam Naudé, se ma Hildagard Naudé, wat vir jare in Sasolburg/Vaalpark gewoon het. As jy enigsins in Hoërskool Sasolburg was die afgelope 30 jaar plus en jy het bus gery skool toe, was jy vir seker op een van tannie Hildagard en oom Frans Naudé se busse gewees. Dit is die einde van ‘n era.
Tannie Hildagard is verlede Saterdag in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ek het hulle lank geken, en wil net sê hulle was goeie mense gewees…..
Daar sal Saterdag, 16 Maart om 11:00 ‘n diens vir haar gehou word in die NG Kerk Vaalpark.
Rus sag my liewe tannie Hildagard en sê baie groete vir oom Frans.




