CommunityNewsNews

Gee vreugde aan minderbevoorregtes

Die Santa Shoebox-projek het oudergewoonte op 1 September afgeskop met die doel om vanjaar weer 100 000 Santa skoenbokse in te samel. Die inspirerende Santa Shoebox-projek, wat nou in sy negende jaar is, bring elke jaar duisende mense bymekaar met die gesamentlike doel om die lewens van minderbevoorregte kinders te verryk deur die skenking van …

Die Santa Shoebox-projek het oudergewoonte op 1 September afgeskop met die doel om vanjaar weer 100 000 Santa skoenbokse in te samel.
Die inspirerende Santa Shoebox-projek, wat nou in sy negende jaar is, bring elke jaar duisende mense bymekaar met die gesamentlike doel om die lewens van minderbevoorregte kinders te verryk deur die skenking van ‘skoenbokse van vreugde’ oor die Kerstyd. Sedert die projek se ontstaan in 2006 is amper ‘n halfmiljoen (456 0004) ‘bokse van vreugde’ ingesamel. Met ondersteuning van borge, PEP Stores, StorAge, Laser Logistics, KIKS (Kaapstad se Internasionale Konvensie Sentrum) en Pick n Pay, is 2015 se teiken weer 100 000 geskenke, wat by duisend weeshuise, kindertehuise en kindersorgsentrums dwarsoor die land, en so ver as Namibië afgelewer gaan word.
Die tema vanjaar is ‘Gee vir Goed’ en dit beklemtoon die projek-filosofie, ‘deel in die vreugde van gee’. ’n ‘Virtuele Boks’ opsie wat deur Pick n Pay bestuur word, sal hierdie jaar vir skenkers in verafgeleë gebiede die geleentheid gee om hul skoenboksskenking aanlyn te doen, en sal vir korporatiewe skenkers dit maklik maak om groot getalle Santa-skoenbokse te borg.
Skenkers kan aanlyn by www.santashoebox.org.za registreer om ’n Santa skoenboks (of meer as een) bymekaar te sit.
Meer inligting oor die projek is by www.santashoebox.org.za beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button