NewsNews

Man kritiek na honde-aanval

MEYERTON. – ’n 63-jarige man het ernstige bytwonde aan sy arms, bene, maag en kop opgedoen nadat hy op 30 September deur twee Amerikaanse gevegshonde (pitbull terriërs) in ’n veld in Louis Trichardstraat in Kookrus aangeval is. Volgens die eienaar van die honde het sy broer die betrokke dag na sy huis gegaan om iets …

MEYERTON. – ’n 63-jarige man het ernstige bytwonde aan sy arms, bene, maag en kop opgedoen nadat hy op 30 September deur twee Amerikaanse gevegshonde (pitbull terriërs) in ’n veld in Louis Trichardstraat in Kookrus aangeval is.
Volgens die eienaar van die honde het sy broer die betrokke dag na sy huis gegaan om iets te gaan haal. Sy vrou het die hek oopgemaak toe hul dogtertjie begin huil.
“Sy het in die huis ingegaan en die honde het by die hek uitgehardloop,” sê hy. ‘n Rukkie later het sy hom gebel en gesê daar is moeilikheid, want die honde is nie in die erf nie.
Lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het haar gebel om te sê twee Amerikaanse gevegshonde is besig om ’n man aan te val en dat sy moet kyk of hulle honde by die huis is. Volgens Stan Engelbrecht van Emfuleni Brandweer het hy per toeval in die gebied gery toe hy ’n stofwolk sien.
“Ek het nog nooit gesien dat twee honde so aangaan nie.” ER24, die DBV en Midvaal Brandweer is na die toneel ontbied. Volgens ER24 woordvoerder, Russel Meiring, is die man wat aangeval is, Sammuel Maduna, op die toneel behandel en daarna na die Sebokeng Hospitaal geneem waar hy verder vir sy beserings behandel is. Die honde het glo in die paadjie gehardloop toe Sammuel daar geloop het. Toe hy tussen hulle deurloop, het hulle begin om hom aan te val. Volgens die hondeienaar is die honde by die huis nadat daar aanvanklik ‘n moontlikheid was dat hulle uitgesit sou moes word. “Dit was bloot ‘n ongeluk en met die teef wat op hitte was, het dinge ongelukkig lelik geraak,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button