Mostert lei Valia se sege
VANDERBIJLPARK. – Die tweede krieketspan van die Hoërskool Transvalia het verlede week op sy tuisveld vir Vereeniging Gimnasium met 32 lopies geklop. Valia met Michael Mostert (61*), Ruald Stoop (51) en Durandt Theunissen (32*) aan die spits, het gesorg dat die tuisspan ‘n mededingende telling van 193/5 in 20 beurte kon aanteken. Gimmies is daarna tot 161/9 …
VANDERBIJLPARK. – Die tweede krieketspan van die Hoërskool Transvalia het verlede week op sy tuisveld vir Vereeniging Gimnasium met 32 lopies geklop.
Valia met Michael Mostert (61*), Ruald Stoop (51) en Durandt Theunissen (32*) aan die spits, het gesorg dat die tuisspan ‘n mededingende telling van 193/5 in 20 beurte kon aanteken.
Gimmies is daarna tot 161/9 in 20 beurte deur goeie boulwerk deur Johan Nortier (4/15 in 2.4 beurte), Zander Zaayman (2/6 in 2 beurte) en Ruald Stoop (2/12 in 2 beurte) beperk. Gimmies se stertkantkolwers het hardnekkige teenstand aan die einde van die beurt gebied, maar dit was te min te laat.


















