NewsNews

Beseerde wil eis na honde-aanval

MEYERTON. – Mnr. Samuel Maduna (59) sterk goed aan nadat hy twee maande gelede deur twee Amerikaanse veghonde (bulterriërs) in Kookrus aangeval is. Die voorval het op 30 September in ’n veld in Louis Trichardstraat gebeur. Die eienaar van die honde het na die voorval aan Vaalweekblad gesê sy vrou het die hek vir sy …

MEYERTON. – Mnr. Samuel Maduna (59) sterk goed aan nadat hy twee maande gelede deur twee Amerikaanse veghonde (bulterriërs) in Kookrus aangeval is.
Die voorval het op 30 September in ’n veld in Louis Trichardstraat gebeur. Die eienaar van die honde het na die voorval aan Vaalweekblad gesê sy vrou het die hek vir sy broer oopgemaak om in te kom. Die honde het toe by die hek uitgehardloop en mnr. Maduna in ‘n nabygeleë oop stuk veld aangeval. Hy het onder meer ernstige besering aan sy arms, bene, kop en maag opgedoen. Midvaal Brandweer en ER24 is na die toneel ontbied en mnr. Maduna is op die toneel behandel voordat hy hospitaal toe geneem is.
Mnr. Maduna, eienaar van ’n konstruksiemaatskappy, het intussen van Kookrus na Evaton verhuis omdat hy erg getraumatiseerd is en vrees dat hy weer deur die honde gebyt sal word. “Dit gaan nie goed met my nie. Ek is bang en ek sukkel om te loop,” sê hy. Hy was vir twee weke in die Sebokeng Hospitaal. “Ek het baie geld verloor omdat ek nie kon werk nie en verwag dat ek vergoed sal word vir die fisiese en emosionele skade wat ek ly,” sê hy.
Hy het ’n saak by die Meyerton-polisie aanhangig gemaak toe hy ontslaan is. “Ek kon dood gewees het. As dit nie vir die man in ’n wit bakkie was wat daar gestop het nie, weet ek nie wat van my sou oorbly nie,” sê mnr. Maduna.
Konstabel Maria Mazibuko van die Meyerton-polisie het bevestig dat ’n saak vir die versuim om te voorkom dat ’n dier ’n persoon beseer, geopen is.

Mnr. Samuel Maduna herstel goed nadat hy deur twee Amerikaanse veghonde (bulterriërs) aangeval is.  Foto: Moleboheng Chaha
Mnr. Samuel Maduna herstel goed nadat hy deur twee Amerikaanse veghonde (bulterriërs) aangeval is. Foto: Moleboheng Chaha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button