Holly Jolly-krismis vakansie
Die Kersvakansie het uiteindelik aangebreek en die verskillende vakansiebestemminge roep! Valies wat so gelukkig is om die lang pad te vat na ‘n welverdiende ruskans, moet egter onthou dat padveiliheid begin deur jou motor deeglik voor die tyd na te gaan. Moenie deel word van die padongeluk-doodsyferstatistiek nie, raak deel van die beweging om dit …

Die Kersvakansie het uiteindelik aangebreek en die verskillende vakansiebestemminge roep! Valies wat so gelukkig is om die lang pad te vat na ‘n welverdiende ruskans, moet egter onthou dat padveiliheid begin deur jou motor deeglik voor die tyd na te gaan.
Moenie deel word van die padongeluk-doodsyferstatistiek nie, raak deel van die beweging om dit te bekamp.
Om jou bande na te gaan en seker te maak dat hulle nog geskik is om die lang pad aan te durf, kan die dun lyntjie tussen lewe en dood wees.
Die volgende 3 wenke kan jou baie hartseer spaar:
- Behou die regte drukking vir bande
Ondersoek jou motorbande se drukking ten minste een keer per maand. Stel ‘n “reminder”om jou te laat weet wanneer dit weer tyd is. Volg die lugdruk-aanwysings wat vir jou motorbande aanbeveel word. Bande wat effens pap is beskadig nie net jou bande nie, dit kan ook lei tot ‘n ongeluk.r
- Ondersoek die loopvlak van bande
Dit moet ook een keer per maand gedoen word. Draai jou motor se stuurwiel so ver regs as moontlik om behoorlike ondersoek in te stel. Kyk of die loopvlak nog oral gelyk is en of dit nie te glad begin word nie. Die TWI behoort ten minste 1.6mm te wees, indien nie moet die band vervang word. Onder 3mm loopvlak begin dit reeds ‘n uitwerking op jou motor se remvermoe. In nat weer kan dit beslis tot ‘n ongeluk lei.
- Roteer bande gereeld
Die voorgestelde reel hiervoor is elke 8 000 km tot 10 000 km. Hou ‘n dagboek van hoe die bande geroteer word. Laat die bande by ‘n betroubare motorbandspesialis ruil en balanseer.



