Local newsNewsNewsBreaking News

‘Emfuleni se geldkoffers leeg weens korrupsie’

Volgens ‘n persverklaring deur die Vryheidsfront Plus is 237 amptenare verbonde aan die Emfuleni-munisipaliteit en Sedibeng-distriksmunisipaliteit, se skuld aan uitstaande diensterekeninge glo sowat R9,5 miljoen. ʼn Amptenaar van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit se munisipale rekening is na bewering  R464 000. Hy woon in Rust-ter-Vaal waar amptenare nie wanbetalers se krag kan sny nie, omdat inwoners hulle gereeld …

Volgens ‘n persverklaring deur die Vryheidsfront Plus is 237 amptenare verbonde aan die Emfuleni-munisipaliteit en Sedibeng-distriksmunisipaliteit, se skuld aan uitstaande diensterekeninge glo sowat R9,5 miljoen.

ʼn Amptenaar van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit se munisipale rekening is na bewering  R464 000. Hy woon in Rust-ter-Vaal waar amptenare nie wanbetalers se krag kan sny nie, omdat inwoners hulle gereeld met klippe bestook en dreig om munisipale voertuie aan die brand te steek.

Emfuleni-munisipaliteit het onlangs personeel aangemoedig om vrywillig ʼn aftrekorder te teken om sodoende hul uitstaande skuld aan die munisipaliteit te vereffen.

“Die VF Plus gaan druk plaas op beide munisipaliteite om nie-betalende amptenare en inwoners se elektrisiteitsvoorsiening te stop totdat hul rekeninge ten volle vereffen is,” lui die verklaring deur Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

Emfuleni-munisipaliteit, wat verlede jaar onder gedeeltelike administrasie geplaas is, skuld Eskom 2,2 miljard en Randwater R435 miljoen.

  • “Emfuleni se geldkoffers is leeg as gevolg van wanadministrasie, korrupsie en swak leierskap,” sluit Sekekal af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button