NewsNews

24 April: SA se Covid-19 gevalle nou 3 953

SA se Covid-19 gevalle staan sedert gisteraand (en het nog nie weer verander nie) op 3 953, die vorige aantal was 3 635. Dit beteken die totaal het met 318 toegeneem. Daar word nou daagliks meer Covid-19 toetse regoor Suid-Afrika gedoen wat daartoe lei dat die Covid-19 gevalle ook aansienlik meer word. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het tot dusver 75 lyers gesterf en  1 473 het herstel. Daar is nog 2 405 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Daar is reeds 143 570 toetse regoor die land gedoen.  (Al bogenoemde getalle mag deur die loop van die dag verander).

Volgens die laaste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Sedibeng (Vaaldriehoek), is daar tans 11  positief-getoetste gevalle. Nege daarvan is in Emfuleni en die ander twee van Lesedi. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

Covid-19 gevalle in provinsies:

Wes-Kaap – 1 279 (28 sterftes) en (236 wat herstel het)

Gauteng – 1 252 (8 sterftes) en (843 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 807 (27 sterftes) en (241 wat herstel het)

Oos-Kaap – 417 (6 sterftes) en (19 wat herstel het)

Vrystaat – 106 (5 sterftes) en (76 wat herstel het)

Limpopo – 27 (1 sterfte) en (24 wat herstel het)

Noordwes – 25 (13 het herstel)

Mpumalanga – 23 (15 het herstel)

Noord-Kaap – 16 (6 het herstel)

Nog nie aan ‘n provinsie toegeken – 1

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is 2 726 189 (gister was dit 2 638 909) en het reeds 191 074 lewens geëis (gister was dit 184 249). Daar het 749 661 herstel (gister was die aantal 722 055). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is die afgelope 14 dae op die lys gevoeg nie).

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste Covid-19 gevalle – 886 709 (vorige getal was 849 092), en ook die meeste sterftes van 50 243 (vorige syfer was 47 681). Daar het tot dusver 85 922 herstel. Daar is nog  750 544 aktiewe gevalle.
  • Spanje het nou 213 024 gevalle (vorige getal was 208 389), wat 22 157 sterftes insluit en 89 250 wat herstel het. Daar is tans nog 101 617 aktiewe gevalle.
  • In Italië is daar  189 973 gevalle (vorige getal 187 327), en die tweede hoogste sterftesyfer van 25 549. Daar het 57 576  herstel. Daar is nog 106 848 aktiewe gevalle.
  • Frankryk het 158 183 gevalle (vorige getal 158 050), wat 21 856 sterftes insluit en 42 088 wat herstel het. Daar is nog 94 239 aktiewe gevalle.
  • Duitsland het 153 129 gevalle (vorige getal 150 648), wat 5 575 sterftes insluit en 106 800 wat herstel het. Daar is nog 40 754 aktiewe gevalle.
  • Die Verenigde Koninkryk het 138 078 gevalle (vorige getal 133 495), wat 18 738  sterftes insluit en die wat herstel het (nie bekend gemaak). Daar is nog 118 996 aktiewe gevalle.
  • Turkye het 101 790 gevalle (vorige getal 98 674), wat 2 491 sterftes insluit en 18 491 wat herstel het. Daar is nog 80 808 aktiewe gevalle.
  • Iran het 87 026 gevalle (vorige getal 85 996), wat 5 481 sterftes insluit en 64 843 wat herstel het. Daar is nog 16 702 aktiewe gevalle.
  • In China is daar tans 82 804 gevalle (vorige getal 82 798),  wat 4 632 sterftes insluit en 77 257 wat herstel het. Daar is tans nog 915 aktiewe gevalle.
  • Rusland het se Covid-19 gevalle het ook baie vermeerder en die land se totaal is nou 62 773.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button