Dit is ook algemeen om te sien dat mense se monde toe is, maar hul neuse steek uit. Boonop is van die maskers ook maar erg vuil…
LEES OOK 25 April: SA se Covid-19 gevalle verby 4 000 kerf
Prof. Marc Mendelson, hoof van oordragbare siektes by die Groote Schuur Hospitaal, Universiteit van Kaapstad (UCT) sê as mens nie ‘n masker reg hanteer en dra nie, kan dit jou risiko om die Koronavirus te kry verhoog. Hy het ‘n video saamgestel waar hy breedvoerig verduidelik waarvan ‘n materiaal masker gemaak moet word, hoe dit gedra moet word en wat nie gedoen moet word nie.
LEES OOK Vuil Vanderbijl lyk nou baie skoner!
Kyk en neem asseblief sy boodskap ter harte. Jy kan jouself en ander se lewens so red.



