NewsNews

Salon… Ja vir honde. Nee vir mense

Dis Antjie. Sy het vandag 'n draai by 'n hondesalon in Vereeniging gaan maak. Dit was nodig. Sy het erg verwaarloos begin lyk.

Ek het haar Trensie begin noem. Ek mag, is my hond. Die hondesalon het die week oopgemaak nadat hul ‘n permit gekry het en die nodige voorsorgmaatreëls in plek gestel het.
Nou moet ek bieg, ek is jaloers op my hond. My kuif hang in my oë en die hare om my ore bly vasknyp in die masker se rekkies. Dit trek! Probleem is, ek mag nog nie salon toe gaan nie. Ek het my arme haarkapper in Februarie laas gesien. Nou wonder ek, as ek myself as ‘n St. Bernard vermom, sal hulle dalk my  kuif vir my by die hondesalon sny?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button