SportSport

Maandag se Varsitybekerwedstryde uitgestel

Weens die huidige studenteoptogte is die vier Varsitybekerwedstryde wat hierdie komende Maandag, 29 Februarie sou plaasvind, uitgestel na 4 April toe. Die groot wedstryd tussen UFS Shimlas en NWU Pukke op die Fanie du Toit Sportgronde gaan sodoende nie hierdie Maandag plaasvind nie. Die onrus wat tans op kampusse in die land heers, sowel as …

Weens die huidige studenteoptogte is die vier Varsitybekerwedstryde wat hierdie komende Maandag, 29 Februarie sou plaasvind, uitgestel na 4 April toe.

Die groot wedstryd tussen UFS Shimlas en NWU Pukke op die Fanie du Toit Sportgronde gaan sodoende nie hierdie Maandag plaasvind nie.

Die onrus wat tans op kampusse in die land heers, sowel as die dreigemente van studenteunies om die wedstryde te ontwrig het heel moontlik tot die besluit gelei.

Die studente se veiligheid is ook iets wat in ag geneem moet word, veral na die gebeure op Shimla Park verlede Maandag.

Meer inligiting rondom hierdie besluit volg sodra dit beskikbaar is.

 

Related Articles

 
Back to top button