Petrol prys skiet deur die dak
Verbruikers in Gauteng en dus ook die Vaaldriehoek wat reeds die afgelope tyd hul gordels moes styf trek, kry van Woensdag af nog ’n prysskok wanneer die petrolprys met 88c per liter gaan verhoog. Die prys van ‘n liter 95-oktaan-petrol styg met 88c van R11,74 tot R12,62.
Verbruikers in Gauteng en dus ook die Vaaldriehoek wat reeds die afgelope tyd hul gordels moes styf trek, kry van Woensdag af nog ’n prysskok wanneer die petrolprys met 88c per liter gaan verhoog. Die prys van ‘n liter 95-oktaan-petrol styg met 88c van R11,74 tot R12,62.
Die prys van 93-oktaan styg met 86c per liter in Gauteng van R11,46 tot R12,32. Die prys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% in Gauteng styg met 95,7c per liter en vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% met 97,7c. Gas word met R1,10 per kilogram duurder. Die departement van energie het Saterdag die verhoging vir April aangekondig wat van Woensdag in Gauteng geld. Die redes vir die verhoging sluit in die 30c per liter styging van die brandstofheffing wat in Februarie deur die minister van finansies aangekondig is.
Ook ingesluit in die verhoging is die styging in vervoerkoste van 5,2c per liter in Gauteng weens die verhoging in Transnet se pypleidingsheffing wat Nersa goedgekeur het. Die res van die prysstyging hou verband met die gemiddelde verhoging in die prys van petroleumprodukte in die internasionale mark wat met omtrent 52c per liter vir petrol en 61c per liter vir diesel gestyg het. In ander gebiede sal die prys verskil weens die Transnet-heffing wat in Gauteng geld. Die departement gaan later die week die pryse vir die ander gebiede aankondig.
Die styging vir April kon erger gewees het as die rand nie in die afgelope maand teen die dollar versterk het nie. As dit nie gebeur het nie, kon die petrolprys met ’n verdere 10c per liter gestyg het.
Die departement meen daar is nie rede vir paniek oor die groot verhoging nie omdat daar verwag word dat die ruolieprys se wisselvalligheid nie oormatig gaan wees nie.



