Mangeloperasie: seuntjie (2) dood,wat gaan met dr. Kotze gebeur?
Na byna vier jaar staan die saak teen dr. Deon Kotze, narkotiseur van Vereeniging, einde se kant toe in die streekhof in Vereeniging.

Na byna vier jaar staan die saak teen dr. Deon Kotze, narkotiseur van Vereeniging, einde se kant toe in die streekhof in Vereeniging.
Die saak is op 18 Januarie uitgestel vir vandag en môre vir vonnisoplegging. Dr. Kotze word daarvan aangekla dat hy die dood van die tweejarige Jaundré Bennett op 4 Mei 2012 in Mediclinic Vereeniging veroorsaak het, toe Jaundré ‘n mangeloperasie ondergaan het.
Hy het tydens die vorige hofverrigtinge skuld erken deur te sê dat hy veronderstel was om die halotaan, ‘n middel wat by narkose gebruik word moes verminder, maar dat hy dit nie gedoen het nie. Dit het ernstige kardiorespiratoriese onderdrukking veroorsaak en Jaundré het dit nie oorleef nie. Die staat en die verdediging sal vandag getuies roep om ter strafverswaring en strafversagting te getuig. Beide partye wil graag vandag die saak afhandel.



