NewsNews

Jongman veg om lewe na ongeluk

'n Jongman wat Sondagmiddag in ’n motorfietsongeluk was, veg om sy lewe in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Klerksdorp.

‘n Jongman wat Sondagmiddag in ’n motorfietsongeluk was, veg om sy lewe in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Klerksdorp.
Shaun Ingram (25) se toestand is steeds kritiek na ’n botsing reg van voor met ’n voertuig. Dit het Sondagmiddag omstreeks 16:00 op die Scandinavia Drift-pad gebeur. Ingram het in Potchefstroom skool gegaan en later in Louis Trichardt gaan woon.

ingram op bike
Volgens sy ma Juliana, het hy die naweek by haar gekuier toe die ongeluk gebeur het.
Volgens ER24 het paramedici op die toneel opgedaag waar hulle hom in die veld langs die pad gevind het. Hy het glo veelvuldige frakture asook moontlike inwendige beserings opgedoen.
ER24 het hom gestabiliseer en vir verdere behandeling na Potchefstroom hospitaal geneem.
Ingram is intussen na ’n hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas, waar hy volgens sy ma steeds kritiek is.
“Hy veg om sy lewe, elke gebed help hom. Hy het nog ’n lang pad van herstel voor hom, maar ek het vertroue in God,” het Juliana gesê.
Volgens haar is daar reeds duisende mense wat vir haar seun bid, meestal uit die ‘biker’ gemeenskap.
“Hulle is wonderlik, die biker-kerk het vir hom kom bid. Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal se gebede nie,” sê sy. Sy het almal versoek om aan te hou bid omdat Shaun se lewe steeds in gevaar is. ‘n Fondsinsameling is van stapel gestuur om Shaun se mediese kostes te betaal. Vir navrae skakel Shaun se ma 082 579 5526.
Die bestuurder van die voertuig, ’n vrou, het geringe beserings opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button