(Video) Vragmotor ongeluk op Ringweg Risiville
VEREENIGING. - Die bestuurder van 'n vragmotor wat voertuigonderdele vervoer het, het vanoggend beheer oor die vragmotor verloor, waarna dit bo-op die middelman in Ringweg en Blackwoodstraat tot stilstand gekom het.
https://www.youtube.com/watch?v=fmzEU6OGIzk&feature=youtu.be
VEREENIGING. – Die bestuurder van ‘n vragmotor wat voertuigonderdele vervoer het, het vanoggend beheer oor die vragmotor verloor, waarna dit bo-op die middelman in Ringweg en Blackwoodstraat tot stilstand gekom het.
Volgens werknemers van die Emfuleni Verkeersafdeling het ‘n motoris voor die vragmotorbestuurder rem aangeslaan, wat tot gevolg gehad het dat die vragmotorbestuurder beheer verloor het omdat hy nie so vinnig spoed kon verminder nie.
Die vrag wat hy vervoer het lê tans in die pad en ‘n gedeelte van Ringweg is vir verkeer gesluit.
Motoriste word gevra om versigtig te bestuur, veral met die paaie wat nat is.






