Anders is anders
Die getroude sangmaats, Wynand en Lindi Delport, oftewel die bekroonde duo Anders, doen dinge inderdaad eiesoortig!

Die getroude sangmaats, Wynand en Lindi Delport, oftewel die bekroonde duo Anders, doen dinge inderdaad eiesoortig!
Nou is dit amptelik: met twee onlangse Ghoema-musiektoekennings is hulle beslis die beste kontemporêre groep in Afrikaans. Hul jongste album, #ek onthou, het dié briljante liedjieskrywers en sangers die Ghoema-toekenning in die afdelings – beste album deur ‘n groep of duo én beste groep van die jaar – besorg.
Anders is ʻn Afrikaanse pop/country- duo, wat met hul debuutalbum, Dink Leef Klink opslae in die geestelike genre gemaak het. Daarna het die romantiese album #liefdesverhale gevolg. Albei albums het Ghoema-benoemings ingepalm.
Hul musiekvideo’s van die jubellied, Ons Koning kom en die liefdeslied, Mooi vir my, was uiters gewild. Verskeie van hul liedjies het radiostasies landwyd se Top 10-treffersparades gehaal – onder meer Die pad (wat op die klankbaan van die fliek Vrou soek boer ingesluit is.
Hulle het die temaliedjie Knysna vir die gelyknamige rolprent geskryf en die liedjie en die musiekvideo daarvan is uiters gewild op radio en televisie.
Hulle was ook benoem vir “Groep van die Jaar” asook “Beste album deur ‘n duo of ‘n groep.” Hul stap weg by die 2016 Ghoema-toekennings en wen altwee die kategorieë. Hul word ook benoem in die ere-kategorie vir “Beste album van die Jaar”. Die duo benut slegs die land se beste musikante om ‘n vars, oorspronklike liedjies energiek te vertolk. Hul konsertmusikante Jason Moser (tromme) en Rixi Roman (kitaar) se medewerking verleen orkestrale hegtheid.
Die album #ek onthou bevat elf puik snitte, wat ook progressiewe rock-klanke en ‘n moderne wiegeliedjie insluit.



