CommunityNewsNews

Koelbloedig geskiet in mislukte kaping

VANDERBIJLPARK. - ‘n Mislukte voertuigkaping en moord in Frikkie Meyer-boulevard het inwoners bekommerd dat misdaad besig is om oor te neem in die dorp.

Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – ‘n Mislukte voertuigkaping en moord in Frikkie Meyer-boulevard het inwoners bekommerd dat misdaad besig is om oor te neem in die dorp.
Ivan Ziemerink (44), ‘n werknemer van Emerald Resort & Casino, se lewe het tragies geëindig toe hy Vrydagaand, 30 September net na 21:00 deur ‘n kaper in die kop geskiet is.
Ivan en sy vrou Jennifer (33), vloerbestuurder by Pick n Pay in SE2, is vermoedelik by die winkel deur die kapers in ‘n wit Mercedes agtervolg en by hul woning in Bezuidenhoutstraat gekaap. Toe Jennifer by die huis uit die voertuig klim om die hek oop te maak, het twee van die mans uit die Mercedes gespring en haar in haar voertuig teruggedwing. Ivan het in die passasiersitplek van die voertuig gesit met een kaper agter hom en een langs hom wat bestuur het. Jennifer het regs agter in hulle ligblou Ford Ikon gesit. Hulle is terug in die rigting van Pick n Pay en die vermoede bestaan dat hulle na die winkel wou teruggaan. By die stopstraat in Macowenstraat het Ivan probeer om ‘n polisievoertuig se aandag te trek deur die toeter te probeer druk. Ivan is daarna na ‘n struweling koelbloedig deur die kaper wat agter hom gesit het, in die agterkop geskiet. Hulle het in Macowenstraat afgery en het in Frikkie Meyer-boulevard opgedraai in die rigting van die sentrale sakegebied. Twee polisiemanne van die blitspatrollie wat van die Riverside Sentrum se kant af gekom het, het hulle agterna- gesit. ‘n Skoot is afgevuur tussen die rowers en een van die polisiemanne en hulle het die voertuig tot stilstand gedwing in Frikkie Meyer-boulevard, sowat 100 meter noord van die nuwe Spur.
Albei kapers is op die toneel in hegtenis geneem. Ivan is op die toneel deur ER24 dood verklaar. Jennifer is deur ER24 vir skok behandel.
Die polisie het die toneel afgesper en forensiese deskundiges het tot laat Vrydagaand die toneel ondersoek. Jennifer was baie geskok terwyl familie en vriende haar op die toneel getroos het.
Ivan laat buiten sy vrou, ook hul twee kinders agter. Die begrafnis vind Vrydag 7 Oktober om 13:00 uit die Siësta Ouetehuis se kapel in Pasteur-boulevard, CW1 in die dorp plaas.

20578_261452201747_4759959_n_21_0_17056449
Foto: Facebook

634A8799 (Medium)

 

 

24546_1188160277996_7443872_n_21_0_17056403
Foto: Facebook

634A8802 (Medium) 634A8805 (Medium)-1 634A8804 (Medium)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button